ESTER 6:1-2

ESTER 6:1-2 AFR83

Daardie nag kon die koning nie slaap nie en het hy opdrag gegee dat die annale gebring en aan hom voorgelees moet word. Daarin is toe opgeteken gevind dat dit Mordegai was wat vir Bigtan en Teres ontmasker het, twee paleisbeamptes van die koning wat poortwagte was en wat saamgesweer het om koning Ahasveros te vermoor.