HANDELINGE 20:1-3

HANDELINGE 20:1-3 AFR83

Nadat die oproer bedaar het, het Paulus die gelowiges bymekaargeroep en hulle moed ingepraat. Daarna het hy hulle gegroet en Masedonië toe vertrek. Op sy reis deur daardie gebiede het hy die gelowiges telkens met sy prediking bemoedig. Hy kom toe in Griekeland aan, waar hy drie maande gebly het. Toe hy op vertrek gestaan het Sirië toe, het hy van 'n Joodse komplot teen hom te hore gekom en besluit om deur Masedonië terug te gaan.