1 JOHANNES 5:1-4

1 JOHANNES 5:1-4 AFR83

Elkeen wat glo dat Jesus die Christus is, is 'n kind van God; en elkeen wat vir die Vader liefhet, het ook die ander lief wat kinders van die Vader is. Hiéraan weet ons dat ons die kinders van God liefhet: wanneer ons God liefhet en sy gebooie onderhou. Die liefde vir God bestaan dan daarin dat ons sy gebooie gehoorsaam. Sy gebooie is ook nie moeilik om te gehoorsaam nie, want enigeen wat 'n kind van God is, kan die sondige wêreld oorwin. En die oorwinning wat ons oor die wêreld behaal het, is deur ons geloof.

Video for 1 JOHANNES 5:1-4

Gratis leesplanne en oordenkings oor 1 JOHANNES 5:1-4