Van die begin af was Hy daar. Ons het Hom self gehoor; ons het Hom met ons eie oë gesien; ja, ons het Hom gesien en met ons hande aan Hom geraak. Hy is die Woord, die Lewe. Die Lewe het gekom; ons het Hom gesien en is getuie daarvan, en ons verkondig aan julle die Ewige Lewe wat by die Vader was en aan ons geopenbaar is. Hom wat ons gesien en gehoor het, verkondig ons aan júlle, sodat julle aan ons gemeenskap deel kan hê. En die gemeenskap waaraan ons deel het, is dié met die Vader en met sy Seun, Jesus Christus. Dit skryf ons sodat ons blydskap volkome kan wees. Dít is nou die boodskap wat ons by Hom gehoor het en aan julle verkondig: God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. As ons beweer dat ons aan Hom deel het, en ons lewe in die duisternis, lieg ons en handel ons nie volgens die waarheid nie. Maar as ons in die lig lewe soos Hy in die lig is, het ons met mekaar deel aan dieselfde gemeenskap en reinig die bloed van Jesus, sy Seun, ons van elke sonde.
Lees 1 JOHANNES 1
Deel
Vergelyk alle weergawes: 1 JOHANNES 1:1-7
27 Dae
Daar is geen middeweg in hierdie eerste brief van Johannes nie - óf ons kies lig óf duisternis, waarheid tot leuens, liefde of haat; ons omhels die een of die ander, net soos ons die Here Jesus Christus óf glo óf verloën. Reis daagliks deur 1 Johannes terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.
29 dae
In hierdie briewe het Johannes die diepe verband tussen liefde en gehoorsaamheid verduidelik. Johannes se aanmoediging vir alle gelowiges om mekaar lief te hê is vandag net so toepaslik as wat dit in die eerste eeu was. Hierdie studie ondersoek hoe die liefde van Christus ons nie net verander nie, maar ook die wêreld verander deur ons gehoorsaamheid aan sy opdragte.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's