Onthou, ’n ouderling staan aan die stuur van God se familie van gelowiges hier op aarde. Sy ganse lewe moet daarom vertel dat hy doen wat die Here sê. Hy moenie vol van homself wees nie, ook nie kort van draad en humeurig nie. Drank mag nooit sy baas wees nie. Hy moenie net regstaan om te stry en baklei nie. Ook mag hy glad nie in skelm saketransaksies betrokke wees nie. Sy huis en hart moet altyd oopstaan vir ander gelowiges, al ken hy hulle nie. Dit moet vir hom ’n groot vreugde wees om goeie dinge vir ander te doen. Hy moet nugter en beheersd wees. In alle omstandighede moet hy reg optree. Hy moet leef soos die Here wil hê. Hy moet homself goed kan beheer sodat die sonde geen houvas op sy lewe kry nie. Die Here se Woord waarin hy self onderrig is, moet die anker van sy lewe wees. Dan kan hy hierdie betroubare kennis gebruik om ander gelowiges moed in te praat en te troos. Maar hy moet hierdie kennis ook gebruik om mense wat vals leerstellings verkondig te wys dat hulle verkeerd is.
Lees Titus 1
Deel
Vergelyk alle weergawes: Titus 1:7-9
6 dae
Hierdie brief is aan 'n jong pastoor lys 'n kontrakulturele "wie's-wie by die kerk" en beskryf hoe alle tipe mense mekaar kan dien en liefhê. Reis daagliks deur Titus terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.
8 Days
Our culture is confused about what it means to be a man. Notions of masculinity have become misunderstood and maligned. This plan speaks truth about the purpose and future of biblical masculinity. In this plan, men will wrestle honestly with the unique questions and circumstances they face today as they are invited to discover God’s intent for masculinity.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's