Die Here help my deur my donkerste krisis. Sy hulp is soos ’n lig wat ’n mens in ’n pikdonker kamer aanskakel. Hy red my. Omdat Hy my help, is daar niks waarvoor ek bang is nie. Die Here beskerm my. Waarvoor sal ek dan bang wees? As slegte mense my kwaad wil aandoen, ja, as mense wat niks van my hou nie, my wil seermaak, sal hulle sleg daarvan afkom. Hulle sal self tot ’n val kom. Al staan ek alleen teen ’n hele leër soldate, sal ek geen bang haar op my kop hê nie. Ook al trek ’n hele weermag teen my op en val my aan, sal ek steeds op die Here vertrou.
Lees Psalms 27
Deel
Vergelyk Alle Weergawes: Psalms 27:1-3
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's