Psalms 139:1-10

Psalms 139:1-10 DB

Here, U kyk of ek eerlik is en vertrou kan word. U weet wat gaan hier binne-in my aan. Ek kan niks wat ek doen, vir U wegsteek nie. Nog voordat ek iets doen, weet U wat dit gaan wees. Of ek by die huis bly en of ek rondloop, daar is niks wat ek vir U kan wegsteek nie. U weet alles wat ek doen. Al het ek nog nie eens begin praat nie, U weet wat ek gaan sê. U ken my deur en deur. U beskerm my hele lewe. Ek kan dit glad nie verstaan nie, al probeer ek. Dit is te oorweldigend. U is oral. Daar is nie ’n plek waar ek heen kan gaan waar U nie is nie. As ek hemel toe gaan, is U daar. As ek doodgaan, is U by my. Al kan ek so vinnig soos lig beweeg of al gaan ek na die verste plek toe, U is daar. Die afstand tussen oos en wes is nie vir U te ver om gou na my toe te kom nie. Oral hou U my vas. En U lei my op u pad.