Filippense 2:19-24

Filippense 2:19-24 DB

Ek hoop om Timoteus gou na julle toe te stuur, want dit is wat die Here Jesus wil hê. Ek kan aan niemand anders dink wat soveel vir julle omgee as hy nie. Al die ander is so besig met hulle eie dinge dat wat Jesus Christus wil hê vir hulle van minder belang is. Boonop ken julle Timoteus en weet wat daar in hom steek. Hy het die toets mos deeglik deurstaan. Soos ’n seun skouer aan skouer saam met sy pa werk, so het hy hom afgesloof om saam met my die mense van Jesus Christus te vertel. Ek moet erken dat ek ook baie bly sal wees om te hoor hoe dit met julle gaan. Nou ja, sodra die dinge hier afgehandel is en ek weet wat die toekoms vir my inhou, beplan ek om hom na julle toe te stuur. En ek hoop en bid dat die Here my sal toelaat om sommer kort op sy hakke na julle toe te kom.