Miga 4:6-8

Miga 4:6-8 DB

Miga antwoord hulle toe: “Die Here sê: ‘Wanneer hierdie tyd kom wat Ek gesê het, sal Ek die mense wat seergekry het toe Ek my volk gestraf het, bymekaarmaak. Ek sal hulle in die ander lande gaan haal waar Ek hulle as vreemdelinge laat swaarkry het. Hierdie mense wat die swaar straf oorleef het, sal Ek weer ’n trotse nasie maak. Ek sal tot in die verre toekoms hulle Koning in Jerusalem wees.’” “Jerusalem is ’n sterk en veilige stad. Dit is op ’n hoogte gebou sodat die mense van Juda daar veilig kan wees. Jerusalem sal weer soos vroeër die hoofstad wees van waar die koning sal regeer.