Later, toe hulle uit Jerigo stap, het ’n groot skare mense agter Jesus aangekom. Hulle het by twee blindes verbygestap wat daar langs die pad gesit het. Toe hierdie mans hoor dat dit Jesus is wat by hulle verbystap, het hulle dadelik besef dit is hulle gelukkige dag. Hulle het skielik hard begin skreeu: “Help ons, asseblief, Here! Kry ons jammer, Seun van Dawid!” Maar die ander mense het vir hulle gesê: “Bly stil! Hou op om so te skreeu!” Dit het egter nie gehelp nie. Die blindes het net nog harder geskreeu: “Help ons, asseblief, Here! Kry ons jammer, Seun van Dawid!” Jesus stap toe tot by hulle en vra vir hulle: “Wat wil julle hê moet Ek vir julle doen?” “Ag, Here, ons wil so graag sien! Maak asseblief ons oë gesond,” antwoord hulle. Jesus het hulle baie jammer gekry omdat hulle so hulpeloos daar gesit het. Toe vat Hy aan hulle oë. Dadelik kon hulle weer sien. Hulle kon hulle oë nie glo nie. Vol blydskap het hulle daar en dan by die res van die skare ingeval en agter Jesus aangestap.
Lees Matteus 20
Deel
Vergelyk alle weergawes: Matteus 20:29-34
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's