“Maak ’n keuse vir wie julle wil werk: óf vir God, óf vir die geldgod. Julle kan nie vir albei tegelyk werk nie. Net soos dit onmoontlik is om twee voltydse werke te hê, is dit onmoontlik om voor twee here te buig. So, kies!” ’n Klompie Fariseërs, wat baie lief vir geld was, het gehoor wat Jesus sê en begin toe met Hom spot. “Ja, spot maar!” het Jesus geantwoord. “Julle maak asof julle nooit ’n voet verkeerd sit nie. Julle beïndruk almal met julle vroomheid, maar God kyk dwarsdeur julle. Hy weet baie goed wat binne-in julle aangaan. En weet julle wat? Hy hou niks van julle nie. Julle walg Hom! “Maar Ek het nog ander slegte nuus vir julle: julle godsdiens is uit die mode. Ja, julle het reg gehoor: dis uitgedien! Al julle wette en reëls behoort tot die verlede.
Lees Lukas 16
Deel
Vergelyk alle weergawes: Lukas 16:13-15
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's