Jona 2:2-9

Jona 2:2-9 DB

“Toe ek in die nood was, het ek na die Here geroep. Hy het gehoor ek roep na Hom. Van daaronder waar die dooies bly, het ek na Hom geroep om my te help. Hy het dit gehoor. U het my in die diepte van die see laat gooi, ek het gesink tot onder op die bodem van die see. Daar was waterstrome reg rondom my, een brander na die ander het oor my gebreek. Ek het gedink ek is van U afgesny, ek sal nooit weer by u tempel kan kom nie. Reg rondom my was daar water, die water het my vasgevang, seegras het om my kop vasgedraai. Ek het gesink tot waar die fondamente van die berge is, ek het afgesak tot waar die hekke vir altyd agter jou toegaan wanneer jy in die plek van die dooies ingaan. Maar U het my van daaronder opgetrek terug na die lewe toe, Here my God. Toe ek heeltemal uitgeput was, het ek aan die Here gedink, my gebed het opgestyg tot waar U in u blyplek is. Dié wat aan nuttelose afgode vashou, laat die Here los wat vir hulle so lief is. Ek sal met ’n danklied op my lippe vir U offers bring; wat ek vir U beloof het, sal ek met graagte vir U gee. Dit is net die Here wat ons kan red.”