Intussen het die hoëpriester Jesus onder kruisverhoor begin neem. Hy het Hom uitgevra oor sy volgelinge en oor wat Hy gepreek het. Jesus het so op al sy vrae gereageer: “Ek het oral openlik gepraat. Die tempel en bymekaarkomplekke van die Jode was my kansel. Dáár het Ek gepreek. Ek het nie iewers in die geheim opruiende toesprake gehou nie. Moet My nou nie vra om alles te herhaal nie. Gaan vra die mense wat My hoor preek het. Hulle weet wat Ek gesê het.” Toe Jesus dit sê, klap een van die polisiemanne Hom. “Is dit hoe jy met die hoëpriester praat?” bulder hy. “As Ek iets verkeerds gesê het, vertel My tog asseblief wat dit is. Maar as Ek nie iets verkeerds gesê het nie, vir wat klap jy My?” vra Jesus.
Lees Johannes 18
Deel
Vergelyk alle weergawes: Johannes 18:19-23
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's