“Luister nou mooi. Ek gaan vir julle ’n voorbeeld gee om julle te help om beter te verstaan wat Ek wil sê. Julle weet mos hoe dit met ’n skaapboerdery gaan. As iemand skelm in die kraal probeer inkom en nie die hek gebruik nie, wil hy net kom kwaaddoen. Net ’n dief doen dit! Die herder sal die hek gebruik om in die kraal in te gaan. “Die wag by die hek sal dit dadelik vir hom oopmaak. In die kraal sal hy sy skape bymekaarmaak. Hy sal hulle op hulle name roep en hulle sal kom. Dan sal hy hulle uit die kraal lei. “Hy sal voor hulle uitstap weiveld toe en hulle sal agternakom, want hulle ken sy stem. Hulle sal egter nie agter vreemdelinge aanloop nie. Hulle sal eerder weghardloop, want hulle ken nie die vreemdeling se stem nie.”
Lees Johannes 10
Deel
Vergelyk alle weergawes: Johannes 10:1-5
5 dae
Waarop fokus jy? Dit waarop jy jou aandag vestig, is die rigting wat jou lewe gaan. Jesus daag elkeen van ons uit om ons aandag te vestig op dit wat werklik belangrik is. "Waarop fokus jy?" is 'n 5-dag leesplan waarin ons na vyf baie belangrike aspekte kyk waarop God ons elkeen roep om op te fokus!
7 Days
Amy Groeschel has written this seven-day Bible Plan in hopes it will be taken as straight from our loving Father’s heart to yours. Her prayer is that it teaches you to avoid the opposing clamor and awakens you to focus on His voice.
7 Dae
Om God se stem te leer ken in jou daaglikse lewe is die sleutel tot ’n oorwinningslewe. Ons is ontwerp om sy stem te kan hoor en daarop te reageer. Mag hierdie belewenis jou op ’n avontuur neem waarin jy sy stem opnuut ontdek!
8 dae
Ons kyk oor die volgende ag dae na sewe dinge wat jou vreugde steel. God wil graag vir ons die lewe gee en dit in oorvloed. Ongelukkig laat ons toe dat sekere dinge in ons lewe ons van daardie vreugde beroof. Kom ons raak bewus van daardie vreugde ”stelers” sodat ons hulle met die nodig teengif kan behandel.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's