“Waar is jou vrou, Sara?” het hulle hom gevra. “Daar, daar in die tent,” het hy gesê. Een van hulle sê toe: “As ek volgende jaar op dieselfde tyd weer hier verbykom, sal jou vrou ’n seun hê.” Sara het dit gehoor, want sy het agter hulle in die tent se ingang gestaan. Abraham en Sara was egter al oud en Sara lankal verby die tyd dat ’n mens ’n kind kry. Dit is hoekom sy gelag het toe sy die man oor ’n seun hoor praat het. Sara het vir haarself gesê: “My lyf is al veels te oud vir die genot van die liefde. En boonop is Abraham ook hopeloos te oud.” Die Here vra toe vir Abraham: “Waarom het Sara netnou gelag? En waarom het sy gedink sy is te oud vir ’n kind? Is enigiets dan vir die Here onmoontlik? Oor ’n jaar is Ek weer hier, dan sal Sara ’n seun hê.” Sara het skielik bang geword en ontken dat sy gelag het, maar die Here het gesê: “O ja, jy het!”
Lees Genesis 18
Deel
Vergelyk alle weergawes: Genesis 18:9-15
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's