Abram, jy sal oud word en wanneer jy doodgaan, sal hulle jou by jou mense begrawe. Vier geslagte later sal jou kinders weer na hierdie land terugkom. Dan sal die Amoriete se tyd kom om oor hulle sondes gestraf te word.” Na die son ondergegaan het en dit donker was, het daar skielik iets soos ’n rokende vuuroond en ’n vlammende fakkel gekom. Dit het stadig tussen die oopgesnyde diere deur beweeg. Daardie dag het die Here ’n ooreenkoms met Abram gemaak. Hy het vir Abram gesê: “Onthou, aan jou kinders gee Ek hierdie land. Alles van die Nyl in Egipte af tot by die groot rivier, die Eufraat, sal hulle s’n wees.
Lees Genesis 15
Deel
Vergelyk alle weergawes: Genesis 15:15-18
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's