Handelinge 17:2-3

Handelinge 17:2-3 DB

Soos dit sy gewoonte was, het Paulus gereeld soontoe gegaan. Drie sabbatte het hy daar met die Jode uit die Bybel gaan praat. Hy het vir hulle verduidelik dat dit deel van God se plan was dat die Messias moes kom ly en sterf, maar dat Hy op die derde dag na sy dood weer lewendig gemaak is. En hy het bygevoeg: “Hierdie Jesus van wie ek julle vertel, Hy is die Messias. Hy is God se Gestuurde.”