2 Tessalonisense 3:13-15

2 Tessalonisense 3:13-15 DB

Broers en susters, julle moet asseblief aanhou om goed te doen aan ander mense. Julle mag nooit moeg word daarvoor nie. Ek wil julle nog ’n keer waarsku: as mense in die kerk hulle nie steur aan dit wat ek in hierdie brief skryf nie, moet julle lig loop vir hulle. Bly weg van hulle af. Dan maak dit hulle skaam. Maar moenie sulke mense heeltemal verwerp en soos vyande behandel nie. Julle moet julle juis oor hulle ontferm. Hulle is steeds deel van God se familie. Praat daarom mooi met hulle.