2 Konings 6:1-7

2 Konings 6:1-7 DB

Die profete het eendag vir Elisa gesê: “Die bymekaarkomplek waar ons u ontmoet, is nou te klein. Kan ons langs die Jordaanrivier gaan hout kap? As elkeen ’n paar balke bring, kan ons ’n nuwe plek bou waar ons bymekaar kan kom.” Elisa het vir hulle gesê: “Gaan gerus!” Een van hulle het egter gesê: “Maar u moet saam met ons kom!” “Nou goed,” het hy geantwoord, “ek kom saam.” Hy is toe saam met hulle rivier toe en hulle het die bome begin afkap. Terwyl hulle werk, het een se byl van die steel losgeraak en in die water geval. “Ag, Meneer,” het hy gekerm, “dit was ’n geleende byl!” Elisa het gevra: “Waar het die byl in die water geval?” Toe hy vir Elisa die plek wys, het Elisa ’n stok afgesny en dit daar in die water gegooi. Die byl het op die water begin dryf en Elisa het vir die man gesê: “Haal dit nou maar uit.” Die man het sy hand uitgesteek en die byl uit die water gehaal.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid