Ek en Apollos is maar net mense wat die voorreg het om God te help. En julle is die mense wat God vir ons gegee het om te help. ’n Mens kan julle, as die Here se gemeente, ook vergelyk met ’n gebou wat aan God behoort. God was baie goed vir my en het my geleer om in julle gemeente te werk soos ’n bouer wat sy werk ken. Ek het die fondament stewig en goed gelê. Ander bouers werk nou verder aan die gebou. Elkeen wat daarná bou, moet egter doodseker maak dat hy behoorlik en reg bou. Daar kan net op een plek gebou word en dit is waar ek die fondament gelê het. Daardie fondament is Jesus Christus. Geestelike bouwerk op enige ander fondament help niks nie. Dit maak ook baie saak hoe en waarmee ’n mens op daardie fondament bou. Kyk mooi na die materiaal wat julle gebruik om te bou, want die Here gaan inspeksie kom hou. Julle sal dit nie vir Hom kan wegsteek as julle minderwaardige of afskeepmateriaal gebruik het om die gebou van sy gemeente te bou nie. God sal vir hulle wat goed gebou het ’n goeie beloning gee. Maar die mense wat sleg gebou het, sal op die dag wanneer die Here weer kom om hulle werk te inspekteer, baie spyt wees. Die Here sal hulle wel nie wegjaag nie, maar dit sal vir hulle net so goed wees asof hulle niks vir die Here gedoen het nie. Hulle sal met ’n bloedrooi gesig skaam agter in die ry moet gaan staan. Julle besef natuurlik dat julle die plek is waar God op ’n baie spesiale manier teenwoordig is, soos in ’n tempel. God se Gees bly mos in julle soos iemand in ’n huis bly. As iemand God se tempel skade aandoen, sal hy met God self te doen kry. En dit gaan nie lekker wees nie, want God se tempel behoort aan Hom. Dit is Syne en net Syne. Julle is daardie tempel van God. Moenie gekke van julleself maak nie. Moenie dink julle is baie oulik en slim as julle lekker met die mense kan saampraat oor al die aardse dinge wat in die mode is nie. Dit is nie waar werklike wysheid lê nie, want God het alles mooi omgekeer. Wat vir mense slim lyk, is eintlik maar dom, terwyl dit wat vir mense dom lyk, eintlik regtig slim is. Daar is mos geskryf: “Die slimmes praat hulle met hulle eie slimmighede heeltemal deurmekaar,” en verder: “Die Here weet dat wat die slim mense dink eintlik net leë gedagtes is.” Om dus regtig wys te wees moet ’n mens soos God begin dink. God het mos vir julle alles gegee. Los die gestry oor watter mense die belangrikste is. In vergelyking met God is almal eintlik niks nie, of dit nou Paulus is, of Apollos of Sefas. God het vir julle die wêreld gegee; Hy het vir julle lewe gegee en julle hoef nie meer bang te wees vir die dood nie. Die dinge wat vandag gebeur en wat nog in die toekoms gaan gebeur, het God alles vir julle gegee. Dit, en nie mense nie, moet vir julle belangrik wees, want julle is Jesus s’n en Jesus is God s’n.
Lees 1 Korintiërs 3
Deel
Vergelyk alle weergawes: 1 Korintiërs 3:9-23
5 dae
Christenskap vereis opoffering van ons. Ons moet kies tussen ’n lewe vir onsself of vir Christus. Paulus het hieroor geskryf aan mense wat selfgesentreerd geleef het. Hy herinner hulle daaraan om Jesus te volg. In hierdie Bybelstudie van RightNow Media, neem Jennie Allen ons in die morsige lewens van die mense van Korinte en help ons om onsself vandag te onderskei van die wêreldse kultuur.
7 Days
When God calls you to ministry, it can be overwhelming, but it can also be the best thing that ever happens to you. If your heart’s been stirred to plant a church, start here in God’s Word. Dig in to this seven-day reading plan, and find the encouragement you need to step out into God’s calling.
7 dae
Bekende vroue soos Christelle Webb-Joubert, Benescke Janse van Rensburg, Christine Ferreira, Helenè Bester, Chanté Hinds-Moller, Lizette Murray en Bertha le Roux-Wahl bring boodskappe van hoop vir ma’s. Hulle herinner jou dat jy nie alleen is nie, dat jy nie skaam hoef te voel wanneer die lewe jou oorweldig nie, en dat jy altyd maar kan vashou aan dié wete: Jou hemelse Vader ken jou, Hy weet wat jy nodig het.
7 Dae
Jesus het voor sy hemelvaart belowe dat ‘n nuwe bedeling tot met sy wederkoms gaan aanbreek. God die Heilige Gees gaan kom om in ons te woon en elke dag by ons te wees. Sedertdien het die Heilige Gees gekom as ons Parakleet (Helper/Voorspraak). Hy wil ons help om sonde te oorwin en om nuwe eienskappe soos liefde, vrede, blydskap, geduld en selfbeheersing te ontwikkel. Hy sal ons met krag toerus om getuies van Jesus te wees.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's