SPREUKE 1:7-9

SPREUKE 1:7-9 AFR53

DIE vrees van die HERE is die beginsel van die kennis; sotte verag wysheid en tug. My seun, luister na die tug van jou vader, en verwerp die onderwysing van jou moeder nie; want dit is 'n lieflike krans vir jou hoof en sierlike kettings vir jou hals.