TITUS 2:6-8

TITUS 2:6-8 AFR53

Vermaan die jong manne net so om ingetoë te wees. Betoon jou in alles 'n voorbeeld van goeie werke, met onvervalstheid in die leer, waardigheid, opregtheid. Laat die woord gesond en onweerspreeklik wees, sodat die teëstanders beskaam kan word en niks slegs kan hê om van julle te sê nie.