PSALMS 146

146
God die enigste ware helper.
1HALLELUJA! Loof die Here, o my siel!
2 Ek wil die Here prys solank as ek lewe; ek wil psalmsing tot eer van my God solank as ek nog daar is.
3 Vertrou nie op prinse, op die mensekind, by wie geen heil is nie.
4 Sy gees gaan uit, hy keer terug na sy aarde toe; op daardie dag is dit met sy planne gedaan.
5 Welgeluksalig is hy wat die God van Jakob het as sy hulp, wie se hoop is op die Here sy God,
6 wat hemel en aarde gemaak het, die see en alles wat daarin is; wat trou bly tot in ewigheid;
7 wat aan die verdruktes reg doen, wat aan die hongeriges brood gee. Die Here maak die gevangenes los.
8 Die Here open die oë van die blindes; die Here rig die wat geboë is, op; die Here het die regverdiges lief.
9 Die Here behoed die vreemdelinge; Hy rig wees en weduwee weer op; maar die weg van die goddelose maak Hy krom.
10 Die Here is vir ewig Koning; jou God, o Sion, is van geslag tot geslag! Halleluja!

Tans Gekies:

PSALMS 146: AFR53

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan