MATTHÉÜS 28:16-20

MATTHÉÜS 28:16-20 AFR53

EN die elf dissipels het na Galiléa gegaan, na die berg waar Jesus hulle bestel het. En toe hulle Hom sien, het hulle Hom aanbid; maar sommige het getwyfel. En Jesus het nader gekom en met hulle gespreek en gesê: Aan My is gegee alle mag in die hemel en op aarde. Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld. Amen.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid