MATTHÉÜS 13:1-8

MATTHÉÜS 13:1-8 AFR53

EN op daardie dag het Jesus uit die huis uitgegaan en by die see gaan sit. En groot menigtes het by Hom vergader, sodat Hy in 'n skuit geklim en gaan sit het. En die hele skare het op die strand gestaan. En Hy het baie dinge deur gelykenisse tot hulle gespreek en gesê: 'n Saaier het uitgegaan om te saai; en terwyl hy saai, val 'n deel langs die pad, en die voëls het gekom en dit opgeëet. En 'n ander deel het op rotsagtige plekke geval waar daar nie baie grond was nie; en dadelik het dit opgekom, omdat daar geen diepte van grond was nie; maar toe die son opgaan, is dit verskroei, en omdat dit geen wortel gehad het nie, het dit verdroog. En 'n ander deel het in die dorings geval, en die dorings het opgekom en dit verstik. En 'n ander deel het in die goeie grond geval en vrug opgelewer: die een honderd-, die ander sestig-, die ander dertigvoudig.

Gratis leesplanne en oordenkings oor MATTHÉÜS 13:1-8