MATTHÉÜS 11:16-19

MATTHÉÜS 11:16-19 AFR53

Maar waarmee sal Ek hierdie geslag vergelyk? Dit is net soos kindertjies wat op die markte sit en na hulle maats roep en sê: Ons het vir julle op die fluit gespeel, en julle het nie gedans nie; ons het vir julle 'n klaaglied gesing, en julle het nie getreur nie. Want Johannes het gekom en nie geëet of gedrink nie, en hulle sê: Hy het 'n duiwel. Die Seun van die mens het gekom — Hy eet en drink, en hulle sê: Dáár is 'n mens wat 'n vraat en 'n wynsuiper is, 'n vriend van tollenaars en sondaars. Maar die wysheid is geregverdig deur sy kinders.

Video vir MATTHÉÜS 11:16-19

Gratis leesplanne en oordenkings oor MATTHÉÜS 11:16-19