EN in daardie dae het daar 'n bevel uitgegaan van keiser Augustus dat die hele wêreld ingeskryf moes word. Hierdie eerste inskrywing het plaasgevind toe Cirénius goewerneur van Sírië was. En almal het gegaan om ingeskryf te word, elkeen na sy eie stad. En Josef het ook opgegaan van Galiléa, uit die stad Násaret, na Judéa, na die stad van Dawid, wat Betlehem genoem word, omdat hy uit die huis en geslag van Dawid was, om hom te laat inskrywe saam met Maria, die vrou aan wie hy hom verloof het, wat swanger was. En terwyl hulle daar was, is die dae vervul dat sy moes baar; en sy het haar eersgebore Seun gebaar en Hom toegedraai in doeke en Hom in die krip neergelê, omdat daar vir hulle geen plek in die herberg was nie. EN daar was herders in dieselfde landstreek, wat in die oop veld gebly en in die nag oor hulle skape wag gehou het. En meteens staan daar 'n engel van die Here by hulle, en die heerlikheid van die Here het rondom hulle geskyn en groot vrees het hulle oorweldig. En die engel sê vir hulle: Moenie vrees nie, want kyk, ek bring julle 'n goeie tyding van groot blydskap wat vir die hele volk sal wees, dat vir julle vandag in die stad van Dawid gebore is die Saligmaker wat Christus, die Here, is. En dit is vir julle die teken: julle sal 'n Kindjie vind wat in doeke toegedraai is en wat in die krip lê. En skielik was daar saam met die engel 'n menigte van die hemelse leërskare wat God prys en sê: Eer aan God in die hoogste hemele en vrede op aarde, in die mense 'n welbehae! En toe die engele van hulle weggegaan het na die hemel, sê die herders vir mekaar: Laat ons dan na Betlehem gaan en hierdie ding sien wat gebeur het, wat die Here aan ons bekend gemaak het. En hulle het met haas gegaan en Maria en Josef gevind en die kindjie wat in die krip lê. En toe hulle dit gesien het, het hulle oral die woord bekend gemaak wat aan hulle van dié Kindjie vertel is. En almal wat dit gehoor het, was verwonderd oor wat deur die herders aan hulle vertel is; maar Maria het al hierdie woorde bewaar en in haar hart oordink.
Lees LUKAS 2
Deel
Vergelyk alle weergawes: LUKAS 2:1-19
4 Days
Christmas is a time to celebrate the greatest gift of all, Jesus. Looking at the story of Christ's anticipated arrival at Christmas reminds us that Jesus came to be the fulfillment of God's promises and faithfulness. All our hopes and prayers are answered in the presence of Jesus, Emmanuel, God with us.
5 Days
Our Christmas story starts with the angel’s annunciation to Mary and concludes with the visit of the Magi. In these reflections and applications of the Christmas narrative I will mostly refer to Luke, as his is the fullest of the gospel accounts.
Why was Jesus born? This may seem like a simple question, too familiar to ponder. But as you prepare for Christmas this year, take time to reflect on the deep meaning and purpose of Jesus's birth for your life, and for the whole world. This 5 day series was written by Scott Hoezee, and is an excerpt from the Words of Hope daily devotional.
7 Days
Mary was a mom, like many women. What can we learn from the heart of the woman chosen to bear the Messiah? Read along as Robin Meadows, author and relationship coach, shares from her experiences of launching seven children and living to tell about it.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's