JONA 4:1-5

JONA 4:1-5 AFR53

MAAR Jona was hieroor erg ontstemd, en hy het kwaad geword. Toe bid hy tot die HERE en sê: Ag, HERE, het ek dit nie gedink terwyl ek nog in my land was nie? Daarom het ek tevore na Tarsis gevlug; want ek het geweet dat U 'n genadige en barmhartige God is, lankmoedig en groot van goedertierenheid, en Een wat berou het oor die onheil. O HERE, neem dan nou tog my siel van my weg, want dit is vir my beter om te sterwe as om te lewe. Daarop sê die HERE: Het jy rede om vertoornd te wees? En Jona het die stad verlaat en aan die oostekant van die stad gaan sit. Daar maak hy toe vir hom 'n skerm, en hy gaan daaronder in die skaduwee sit, totdat hy sou sien wat met die stad gebeur.