NIEMAND is so vermetel, dat hy hom durf terg nie; wie is hy dan wat voor My sou standhou? Wie het eerste aan My gegee, dat Ek hom moet vergelde? Wat onder die ganse hemel is, is myne. Ek wil nie swyg oor sy lede en hoe dit staan met sy kragsvolheid en die skoonheid van sy uitrusting nie. Wie het die boonste van sy pantser opgelig? In sy dubbele gebit — wie kan daarin deurdring? Die deure van sy gesig — wie het dit geopen? Rondom sy tande is verskrikking. 'n Voorwerp van trots is die groewe van die skilde, verseël met 'n vaste seël.
Lees JOB 41
Deel
Vergelyk alle weergawes: JOB 41:1-6
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's