EN die HERE het Job uit 'n storm geantwoord en gesê: Gord tog jou heupe soos 'n man; Ek sal jou ondervra en onderrig jy My. Wil jy werklik my reg verbreek, My veroordeel, dat jy gelyk kan hê? Het jy dan 'n arm soos God? En kan jy donder met die stem soos Hy? Versier jou tog met heerlikheid en hoogheid, en beklee jou met majesteit en glorie! Giet jou toorn in strome uit; en kyk na alles wat hoog is, en verneder dit. Kyk na alles wat hoog is, onderwerp dit; en werp die goddelose neer daar waar hulle staan. Begrawe hulle almal saam in die stof; sluit hulle aangesigte in 'n verborge plek weg. Dan sal ook Ek jou loof, omdat jou regterhand jou die oorwinning gee.
Lees JOB 40
Deel
Vergelyk alle weergawes: JOB 40:1-9
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's