DAARNA het Jesus na die oorkant van die see van Galiléa, dit is, van Tibérias, gegaan; en 'n groot menigte het Hom gevolg, omdat hulle sy tekens gesien het wat Hy aan die siekes doen. En Jesus het op die berg geklim en daar met sy dissipels gaan sit. En die pasga, die fees van die Jode, was naby. Toe Jesus dan sy oë opslaan en sien dat 'n groot menigte na Hom kom, sê Hy vir Filippus: Waarvandaan sal ons brood koop, sodat hierdie mense kan eet? Maar Hy het dit gesê om hom op die proef te stel, want Hy het self geweet wat Hy wou doen. Filippus antwoord Hom: Brood vir tweehonderd pennings sal nie genoeg wees vir hulle, sodat elkeen van hulle 'n stukkie kan kry nie. Een van sy dissipels, Andréas, Simon Petrus se broer, sê vir Hom: Hier is 'n seuntjie wat vyf garsbrode en twee vissies het, maar wat is dit vir so baie mense? En Jesus sê: Laat die mense gaan sit. En daar was baie gras op dié plek. Die manne het toe gaan sit, omtrent vyfduisend in getal. En Jesus het die brode geneem, en nadat Hy gedank het, deel Hy dit uit aan die dissipels en die dissipels aan die wat daar sit; so ook van die vissies, soveel as hulle wou hê. En nadat hulle versadig was, sê Hy vir sy dissipels: Maak die brokstukke bymekaar wat oorgeskiet het, sodat niks verlore gaan nie. Hulle maak toe bymekaar en het twaalf mandjies gevul met brokstukke van die vyf garsbrode wat oorgeskiet het by die wat geëet het. Toe die mense dan die teken sien wat Jesus gedoen het, sê hulle: Hy is waarlik die profeet wat in die wêreld sou kom. En toe Jesus merk dat hulle wou kom en Hom met geweld neem om Hom koning te maak, het Hy weer weggegaan na die berg, Hy alleen.
Lees JOHANNES 6
Deel
Vergelyk alle weergawes: JOHANNES 6:1-15
7 Days
Too many of us walk through life feeling as if we don't measure up. We always seem to thirst for more. We think if we could only work harder or be better, we could be enough. But the truth is, we will never be enough. And thankfully, we don't have to be. In Proven, Jennie Allen walks through the Book of John to demonstrate how only Jesus is enough.
9 dae
Afwagtend - 'n Lewe Gevul Met Wonderwerke. In ons lewens is daar volop geleenthede vir wonderwerke om te gebeur. Die uitdaging is gewoonlik om onsself in pas te kry met God se plan vir ons lewens sodat ons hierdie wonderwerke kan beleef.
14 Days
Often, we are tempted to only take prayer requests to God that have a precedence in history of being answered. But God waits to propel our situations into ground-breaking, history-making miracles, if only we have the faith to ask for that which is infinitely above and beyond human reach. Struggling to make some wild prayers? If that’s the case, this 14-day journey is for you.
28 Days
This reading guide was created by NewSpring staff and volunteers to help you on your financial journey. Read one devotional each day and spend time with God using the Scripture, questions and prayers provided. Need help putting God first in your finances? Download free monthly and/or weekly budget forms, watch sermons, and be encouraged by success stories at www.newspring.cc/financialplanning
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's