En hy het dieselfde nag opgestaan en sy twee vroue en sy twee slavinne en sy elf kinders geneem en deur die drif van die Jabbok getrek: hy het hulle geneem en hulle deur die rivier laat trek, ook laat deurtrek wat aan hom behoort het. Maar Jakob het alleen agtergebly, en 'n Man het met hom geworstel tot dagbreek. En toe Hy sien dat Hy hom nie kon oorwin nie, slaan Hy hom op sy heupbeen, sodat die heupbeen van Jakob uit lit geraak het in die worsteling met Hom. Toe sê Hy: Laat My gaan, want die dag het gebreek. Maar hy antwoord: Ek sal U nie laat gaan nie tensy dat U my seën. En Hy vra hom: Hoe is jou naam? En hy antwoord: Jakob. Toe sê Hy: Jy sal nie meer Jakob genoem word nie, maar Israel; want jy het geworstel met God en met die mense en het oorwin. Daarop vra Jakob en sê: Maak tog u Naam bekend! En Hy antwoord: Waarom vra jy tog na my Naam? En Hy het hom daar geseën. Toe noem Jakob die plek Pniël; want, het hy gesê, ek het God gesien van aangesig tot aangesig, en tog is my lewe gered. En die son het vir hom opgegaan net toe hy Pniël verby was; en hy was mank aan sy heup.
Lees GÉNESIS 32
Deel
Vergelyk alle weergawes: GÉNESIS 32:22-31
9 Dae
So baie mense voel onwaardig om kinders van God genoem te word. Hulle voel hulle is nie goed genoeg nie. Hulle verlede maak dat hulle nie kan glo God het hulle lief en dat Hy steeds 'n plan vir hulle lewe het nie. Hierdie leesplan sal jou help om op 'n ander manier na jouself te kyk.
10 Days
Wrestling with faith and doubt can be profoundly lonely and isolating. Some suffer in silence while others abandon belief altogether, assuming doubt is incompatible with faith. Dominic Done believes this is both tragic and deeply mistaken. He uses Scripture and literature to argue that not only is questioning normal but it is often a path toward a rich and vibrant faith. Explore faith and doubt in this 10-day plan.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's