GÉNESIS 25:27-34

GÉNESIS 25:27-34 AFR53

En die seuns het opgegroei: Esau het 'n ervare jagter geword, 'n man van die veld; maar Jakob was 'n vredeliewende man wat in tente gewoon het. En Isak het Esau liefgehad, want wildsvleis was na sy smaak; maar Rebekka het Jakob liefgehad. En Jakob het 'n kooksel klaargemaak en Esau het moeg uit die veld gekom. Toe sê Esau vir Jakob: Laat my tog sluk van die rooigoed daar, want ek is moeg. Daarom het hulle hom Edom genoem. En Jakob antwoord: Verkoop eers jou eersgeboortereg aan my. En Esau sê: Kyk, ek gaan sterwe, en wat baat die eersgeboortereg my dan? Toe antwoord Jakob: Sweer eers vir my. En hy het vir hom gesweer en sy eersgeboortereg aan Jakob verkoop. En Jakob het aan Esau brood en die kooksel lensies gegee; en hy het geëet en gedrink en opgestaan en weggegaan. So het Esau dan sy eersgeboortereg verag.

Video vir GÉNESIS 25:27-34