En 'n paar dae daarna het Paulus vir Bárnabas gesê: Laat ons teruggaan en ons broeders besoek in al die stede waarin ons die woord van die Here verkondig het, om te sien hoe dit met hulle gaan. En Bárnabas wou Johannes, wat Markus genoem word, saamneem. Maar Paulus het dit nie reg geag om hóm saam te neem wat van Pamfílië af hulle verlaat het en nie saam met hulle na die werk gegaan het nie. Daar het toe 'n verbittering ontstaan, sodat hulle van mekaar geskei het; en Bárnabas het Markus saamgeneem en na Ciprus uitgeseil. MAAR Paulus het Silas gekies en afgereis nadat hy deur die broeders aan die genade van God opgedra was.
Lees HANDELINGE 15
Deel
Vergelyk Alle Weergawes: HANDELINGE 15:36-40
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's