waarvoor ek aangestel is as prediker en apostel en leraar van die heidene. Om hierdie rede ly ek ook hierdie dinge; maar ek skaam my nie, want ek weet in wie ek geglo het, en ek is oortuig dat Hy mag het om my pand te bewaar tot dié dag toe. Hou as voorbeeld van gesonde woorde dié wat jy van my gehoor het, in die geloof en liefde wat in Christus Jesus is. Bewaar jou goeie pand deur die Heilige Gees wat in ons woon. Jy weet dit dat almal wat in Asië is, hulle van my afgekeer het, onder wie Figéllus en Hermógenes is. Mag die Here aan die huis van Onesíforus barmhartigheid bewys, want hy het my dikwels verkwik en hom oor my kettings nie geskaam nie; maar toe hy in Rome gekom het, het hy my baie ywerig gesoek en gevind. Mag die Here hom skenk dat hy barmhartigheid mag verkry van die Here in dié dag! En jy weet baie goed hoeveel dienste hy in Éfese bewys het.
Lees II TIMÓTHEÜS 1
Deel
Vergelyk alle weergawes: II TIMÓTHEÜS 1:11-18
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's