Maar toe Dawid sien dat sy dienaars onder mekaar fluister, het Dawid gemerk dat die kind dood was. En Dawid sê aan sy dienaars: Is die kind dood? En hulle antwoord: Hy is dood. Toe het Dawid van die grond opgestaan en hom gewas en gesalf en ander klere aangetrek en in die huis van die HERE gegaan en aanbid. Daarop het hy in sy huis gekom en gevra dat hulle brood aan hom moet voorsit; en hy het geëet. Toe vra sy dienaars hom: Wat is dit vir 'n ding wat u gedoen het? Ter wille van die lewende kind het u gevas en geween, maar net toe die kind dood was, het u opgestaan en brood geëet. En hy sê: Toe die kind nog in die lewe was, het ek gevas en geween, want ek het gedink: Wie weet — die HERE kan my genadig wees, sodat die kind in die lewe bly. Maar nou is hy dood — waarom sou ek dan vas? Sal ek hom nog kan terugbring? Ek gaan na hom, maar hy sal na my nie terugkeer nie. Daarna het Dawid sy vrou Bátseba getroos en by haar ingegaan en by haar geslaap. En sy het 'n seun gebaar, en hy het hom Salomo genoem. En die HERE het hom liefgehad, en Hy het hom deur Natan, die profeet, Jedídja laat noem, ter wille van die HERE.
Lees II SAMUEL 12
Deel
Vergelyk alle weergawes: II SAMUEL 12:19-25
5 Days
King David is described in the New Testament as a man after God’s own heart, meaning that he aligned his own heart with that of God’s. As we study David’s life, our goal for this series is to analyze the things David did in 1 & 2 Samuel in order to mold our hearts after God’s and resemble the same intensity of focus and spirit that David showcased throughout his life.
7 Days
The heartache that follows a miscarriage has the potential to draw us closer to God or away from Him. Our enemy, Satan, wants to take our raw emotions and lure us as far from God as he possibly can. Only God can offer the peace and healing our hearts desire. This plan will identify the seven stages of grief and guide women to find true healing within God’s Word.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's