Toe hy kom by die skaapkrale langs die pad waar 'n spelonk was, het Saul daar ingegaan om sy voete te bedek, terwyl Dawid en sy manne agter in die spelonk sit. En die manne van Dawid sê aan hom: Kyk, dit is die dag dat die HERE aan u sê: Nou gee Ek jou vyand in jou hand, en maak met hom soos goed is in jou oë. Toe staan Dawid op en sny stilletjies die slip van Saul se mantel af. Maar daarna het Dawid se gewete hom gepla, omdat hy die slip van Saul afgesny het, en hy het aan sy manne gesê: Mag die HERE my bewaar dat ek so iets aan my heer, die gesalfde van die HERE, sou doen om my hand teen hom uit te steek; want hy is die gesalfde van die HERE. En Dawid het sy manne streng bestraf en hulle nie toegelaat om teen Saul op te staan nie. En Saul het uit die spelonk uit opgestaan en sy koers gegaan.
Lees I SAMUEL 24
Deel
Vergelyk alle weergawes: I SAMUEL 24:4-8
6 Days
Feeling like your life is stuck on autopilot? It’s time to recenter on the things that matter most. In this 6-day Bible Plan accompanying Pastor Craig Groeschel’s message series, True Virtue, we’ll discover how to move beyond empty virtue signaling into real living that honors God and inspires others.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's