Ek het weer my oë opgeslaan en gekyk, en daar was 'n man met 'n meetsnoer in sy hand. Toe sê ek: Waar gaan jy heen? En hy het vir my gesê: Om Jerusalem te meet, om te sien wat sy breedte en wat sy lengte is. En kyk, die engel wat met my gespreek het, het uitgegaan, en 'n ander engel het uitgegaan hom tegemoet, En hy sê vir hom: Hardloop, spreek met hierdie jongman en sê: Jerusalem sal bewoon word soos stede sonder mure vir die menigte van mense en vee daarin. Want Ek, spreek die HERE, sal vir haar 'n muur van vuur rondom wees en 'n heerlikheid in haar midde. Ho, ho, kom uit en vlug uit die land van die noorde, spreek die HERE; want Ek het julle uitgesprei soos die vier windstreke van die hemel, spreek die HERE. Red jou, o Sion, wat by die dogter van Babel woon. Want so sê die HERE van die leërskare: Na die heerlikheid het Hy My gestuur na die nasies wat julle geplunder het; want wie julle aanraak, raak sy oogappel aan. Want kyk, Ek skud my hand oor hulle, en hulle sal 'n buit wees vir hulle dienaars; en julle sal weet dat die HERE van die leërskare My gestuur het. Sing en wees bly, o dogter van Sion, want kyk, Ek kom en sal in jou midde woon, spreek die HERE.
Lees Sagaria 2
Deel
Vergelyk Alle Weergawes: Sagaria 2:1-10
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's