Weet julle nie, broeders, (want ek spreek met die wat die wet ken), dat die wet oor 'n mens heers so lank as hy lewe nie? Want die vrou wat 'n man het, is deur die wet aan haar man gebonde solank hy lewe; maar as die man dood is, is sy verlos van die wet van haar man. As sy dan, terwyl haar man lewe, met 'n ander man getroud is, sal sy 'n egbreekster genoem word; maar as haar man dood is, is sy vry van daardie wet; sodat sy geen egbreekster is nie, al is sy met 'n ander man getroud.
Lees Romeine 7
Deel
Vergelyk Alle Weergawes: Romeine 7:1-3
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's