Waarom woed die heidene, en verbeel die mense 'n ydele ding? Die konings van die aarde het hulle reggemaak, en die owerstes hou saam raad teen die HERE en teen sy gesalfde en sê: Laat ons hulle bande uitmekaar breek en hulle toue van ons weggooi. Hy wat in die hemel sit, sal lag; die HERE sal hulle bespot. Dan sal Hy met hulle spreek in sy toorn en hulle in sy groot misnoeë kwel. Tog het Ek my koning aangestel op my heilige berg Sion.
Lees Psalms 2
Deel
Vergelyk alle weergawes: Psalms 2:1-6
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's