Nehemia 9:19-21

Nehemia 9:19-21 CAB23

Tog het U hulle deur u veelvuldige barmhartighede in die woestyn nie verlaat nie; die wolkkolom het bedags nie van hulle gewyk om hulle op die pad te lei nie; ook nie die vuurkolom in die nag om vir hulle lig te wys en die weg waarlangs hulle moet gaan nie. U het ook u goeie gees gegee om hulle te onderrig, en U het u manna nie van hulle mond teruggehou nie en hulle water gegee vir hulle dors. Ja, veertig jaar het U hulle in die woestyn onderhou, sodat hulle niks ontbreek het nie; hulle klere het nie oud geword nie, en hulle voete het nie geswel nie.

Gratis leesplanne en oordenkings oor Nehemia 9:19-21

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid