Markus 3:28-35

Markus 3:28-35 CAB23

Voorwaar Ek sê vir julle, alle sondes sal aan die mensekinders vergewe word, en lastering waarmee hulle ook al laster. Maar hy wat teen die Heilige Gees laster, het nooit vergifnis nie, maar is in gevaar van die ewige verdoemenis. Omdat hulle gesê het: Hy het 'n onrein gees. Daar het toe sy broers en sy moeder gekom en buite gestaan en na hom gestuur en hom geroep. En die skare het rondom hom gaan sit en vir hom gesê: Kyk, jou moeder en jou broers soek jou van buite. En hy antwoord hulle en sê: Wie is my moeder of my broers? En hy het rondom gekyk na die wat rondom hom sit, en gesê: Hier is my moeder en my broers! Want elkeen wat die wil van God doen, dit is my broer en my suster en moeder.