Matteus 9:35-38

Matteus 9:35-38 CAB23

En Jesus het in al die stede en dorpe rondgegaan en in hulle sinagoges geleer en die evangelie van die koninkryk verkondig en elke siekte en elke kwaal onder die volk genees. Maar toe Hy die skare sien, het Hy innig jammer gevoel oor hulle, omdat hulle beswyk het en verstrooi was soos skape wat geen herder het nie. Toe sê Hy vir sy dissipels: Die oes is wel groot, maar die arbeiders min; Bid dan die Here van die oes, dat Hy arbeiders in sy oes sal uitstuur.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid