Matteus 28:1-6

Matteus 28:1-6 CAB23

Aan die einde van die sabbat, toe dit begin aanbreek het teen die eerste dag van die week, het Maria Magdalena en die ander Maria gekom om die graf te sien. En kyk, daar was 'n groot aardbewing, want die engel van die Here het uit die hemel neergedaal en gekom en die klip van die deur af weggerol en daarop gaan sit. Sy aangesig was soos weerlig, en sy klere wit soos sneeu. En uit vrees vir hom het die wagte geskud en soos dooies geword. En die engel antwoord en sê vir die vroue: Moenie vrees nie, want ek weet dat julle Jesus soek wat gekruisig is. Hy is nie hier nie, want Hy het opgestaan, soos Hy gesê het. Kom kyk na die plek waar die Here gelê het.

Gratis leesplanne en oordenkings oor Matteus 28:1-6

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid