Matteus 26:36-45

Matteus 26:36-45 CAB23

Toe kom Jesus saam met hulle na 'n plek met die naam van Getsemane en sê vir die dissipels: Sit hier terwyl Ek daar gaan bid. En hy het Petrus en die twee seuns van Sebedéüs saamgeneem en bedroef en baie swaar begin word. Toe sê Hy vir hulle: My siel is baie bedroef tot die dood toe; bly hier en waak saam met My. En Hy het 'n bietjie verder gegaan en op sy aangesig geval en gebid en gesê: My Vader, as dit moontlik is, laat hierdie beker by My verbygaan; nogtans nie soos Ek wil nie, maar soos U wil. En Hy het na die dissipels gekom en hulle aan die slaap gevind en vir Petrus gesê: Wat, kon julle nie een uur saam met My waak nie? Waak en bid, dat julle nie in versoeking kom nie; die gees is wel gewillig, maar die vlees is swak. Hy het weer vir die tweede keer weggegaan en gebid en gesê: My Vader, as hierdie beker nie by My verbygaan as Ek dit nie drink nie, laat u wil geskied. En hy het gekom en hulle weer aan die slaap gevind, want hulle oë was swaar. En hy het hulle verlaat en weer weggegaan en vir die derde keer gebid en dieselfde woorde gesê. Toe kom Hy na sy dissipels en sê vir hulle: Slaap nou verder en rus; kyk, die uur is naby en die Seun van die mens word oorgelewer in die hande van sondaars.