Hy sê vir hulle: Maar julle, wie sê julle is Ek? En Simon Petrus antwoord en sê: U is die Christus, die Seun van die lewende God. En Jesus antwoord en sê vir hom: Geseënd is jy, Simon Barjona, want vlees en bloed het dit nie aan jou geopenbaar nie, maar my Vader wat in die hemele is. En Ek sê ook vir jou, dat jy Petrus is, en op hierdie rots sal Ek my kerk bou; en die poorte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie. En Ek sal aan jou die sleutels van die koninkryk van die hemel gee, en wat jy ook al op die aarde mag bind, sal in die hemel gebonde wees; en wat jy ook al op die aarde mag ontbind, sal in die hemel ontbonde wees. Toe het Hy sy dissipels bevel gegee om vir niemand te sê dat Hy Jesus die Christus is nie.
Lees Matteus 16
Deel
Vergelyk alle weergawes: Matteus 16:15-20
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's