Matteus 11:25-30

Matteus 11:25-30 CAB23

In daardie tyd het Jesus geantwoord en gesê: Ek dank U, Vader, Here van hemel en aarde, dat U hierdie dinge vir wyse en verstandiges verberg het en dit aan kindertjies geopenbaar het. Net so, Vader, want so het dit goed gelyk in u oë. Alles is aan My oorgegee deur my Vader, en niemand ken die Seun nie, behalwe die Vader; ook ken niemand die Vader nie, behalwe die Seun, en aan wie die Seun hom ook al wil openbaar. Kom na My toe, almal wat vermoeid en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee. Neem my juk op julle en leer van My; want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siele. Want my juk is sag, en my las is lig.

Gratis leesplanne en oordenkings oor Matteus 11:25-30

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid