Lukas 6:48-49

Lukas 6:48-49 CAB23

Hy is soos 'n man wat 'n huis gebou en diep gegrawe en die fondament op 'n rots gelê het; en toe die vloed opkom, het die stroom hewig teen daardie huis geslaan en dit nie kon skud nie, want dit was op 'n rots gegrond. Maar hy wat hoor en nie doen nie, is soos 'n man wat sonder fondament 'n huis op die aarde gebou het; waarteen die stroom wel hewig geklop het, en dadelik het dit geval; en die verwoesting van daardie huis was groot.