Lukas 4:16-20

Lukas 4:16-20 CAB23

En hy het in Nasaret gekom waar hy grootgeword het; en soos sy gewoonte was, het hy op die sabbatdag in die sinagoge ingegaan en opgestaan om te lees. En die boek van die profeet Jesaja is aan hom oorgegee. En toe hy die boek oopmaak, vind hy die plek waar geskrywe is: Die Gees van die Here is op My, omdat Hy My gesalf het om die evangelie aan die armes te verkondig; Hy het My gestuur om die gebrokenes van hart te genees, om verlossing aan die gevangenes te verkondig en aan blindes herstel van gesig, om die wat gebroke is in vryheid te laat, Om die aangename jaar van die Here te verkondig. En hy het die boek toegemaak en dit weer aan die bedienaar gegee en gaan sit. En die oë van almal wat in die sinagoge was, was op Hom gevestig.