En 'n opskrif was ook oor hom geskrywe in Griekse en Latynse en Hebreeuse letters: DIT IS DIE KONING VAN DIE JODE. En een van die kwaaddoeners wat opgehang is, het Hom gesmaad en gesê: As U die Christus is, verlos Uself en ons. Maar die ander een antwoord en bestraf hom en sê: Vrees jy God nie, aangesien jy in dieselfde oordeel is? En ons is wel tereg; want ons ontvang die gepaste loon vir ons dade, maar hierdie man het niks verkeerd gedoen nie. En hy sê vir Jesus: Here, dink aan my wanneer U in u koninkryk kom. En Jesus sê vir hom: Voorwaar Ek sê vir jou, vandag sal jy saam met My in die paradys wees.
Lees Lukas 23
Deel
Vergelyk Alle Weergawes: Lukas 23:38-43
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's